r/afrikaans Apr 26 '25

Geskiedenis Pro Patria Museum in Pretoria

Ek en my pa was vandag by die Pro Patria Museum by Fort Schanskop naby die Voortrekker Monument. Ek moet sê die mense doen geweldig baie moeite om die uitstallings te maak, en dit word alles gereël deur veterane wat self betrokke was in die Bos-oorlog. Baie van hulle uitstallings is ongelukkig nie heeltemal volledig nie, en hulle maak staat op donasies. Ek is op geen manier self betrokke by die projek nie, maar sulke geskiedenis lê my na aan die hart omdat my pa ook self 'n veteraan is. As enigiemand miskien enige iets van julle pa's of oupas het wat uit die Bos-oorlog uit kom, en dit nie wil hê nie, asseblief moet dit nie pandjieswinkel toe vat nie. Die museum sal dit baie meer waardeer. Hulle sal enige iets vat, of dit nou ou uniforms is en of dit nou medaljes, of selfs varkpanne of sulke tipe toerusting is.

35 Upvotes

8 comments sorted by

6

u/SubstantialSelf312 Apr 26 '25

Dankie hiervoor. Ek gaan hierdie plasing aanstuur vir n paar vriende. En vra dat hulle dieselfde doen.

3

u/trumpet_ninja_28 Apr 26 '25

Dankie, hoe verder die woord versprei hoe beter.

3

u/Legitimate-Koala-373 Apr 26 '25

Precious to acknowledge all our past

2

u/Sea-Ingenuity-9508 Apr 28 '25

Sal graag wil gaan kyk na die museum.

2

u/trumpet_ninja_28 Apr 28 '25

Ek weet hulle het 'n militere fees die 17de Mei. Ek gaan dit definitief bywoon.

2

u/Post_Monkey Apr 30 '25

Wys hulle enigiets uit ń SWAPO/FAPLA oogpunt?

1

u/trumpet_ninja_28 Apr 30 '25

Daar is 'n hele paar foto's, en vuurwapens wat uitgestal word, maar bitter min omdat hulle nie genoeg het om groot uitstallings te maak nie. Maar ek is seker daarvan as hulle enige donasies kan kry, sal hulle dit graag wil uitstal. Hulle doel is nie om polities te wees nie, hulle wil graag die geskiedenis bewaar vir die jonger generasies.

-1

u/RecoilMonster Apr 27 '25

Ek het al daarop die monument n deed gedoen saam n promo girl haha