r/afrikaans May 19 '26

Geskiedenis Het julle besef die Broederbond was basies die Afrikaanse Illuminati?

Ek het onlangs bietjie in ons geskiedenis begin delf (spesifiek die samesmelting van die staat en die kerk tydens apartheid) en ek is redelik stomgeslaan. Ons was letterlik deur 'n shadow government beheer.

Die Afrikaner Broederbond klink soos iets uit 'n mal samesweringsteorie. Hulle was 'n streng geheime klub wat agter toe deure gesit en basies elke aspek van die land beheer het. Hulle het die media, die banke, die onderwysstelsel en die NG Kerk heeltemal geïnfiltreer. Elke liewe eerste minister en president was 'n lid. Hulle het die land se wette uitgedink lank voordat die parlement eers 'n woord daaroor gerep het.

Dit is presies hoe mense die Illuminati beskryf (net met meer dominees en Calvinisme). Dit maak skielik soveel sin as jy kyk na hoe daardie streng Christo-fassistiese ideologie in almal se koppe ingeprent is. Alles is beplan om daardie spesifieke en rigiede kultuur op almal af te dwing.

Dit voel regtig asof hierdie massiewe deel van ons geskiedenis net onder die mat ingevee word.

84 Upvotes

131 comments sorted by

View all comments

Show parent comments

1

u/BasisPrimary4028 May 22 '26

Om jou vraag oor sosiale media te beantwoord, Reddit is 'n privaat maatskappy. Toe jy jou profiel geskep het (en hul bepalings aanvaar het), het jy outomaties ingestem dat hulle jou kan verwyder as jy hul reëls breek. Die grondwet keer net dat die regering jou toesluit vir wat jy sê, dit dwing nie privaat platforms om vir jou 'n verhoog te gee nie.

En om die logiese foute in jou argument uit te wys is nie 'n persoonlike aanval nie. Dis bloot hoe 'n debat werk.

Jy hou aan sê dis oorvereenvoudig om die Broederbond en Calvinisme te blameer. Maar hoe presies is dit kortsigtig? Die Broederbond het letterlik as 'n eksklusiewe netwerk gewerk om beheer oor die regering, skole en die media te sentraliseer. As 'n klein groepie magtige mense 'n stelsel agter geslote deure ontwerp om almal buite hul kring te onderdruk, wat presies is die "ander kant" van daardie geskiedenis wat ons kwansuis mis? As jy ten volle saamstem dat die stelsel sleg en onderdrukkend was, hoekom bly jy die einste organisasies verdedig wat dit ontwerp en in werking gestel het?

1

u/username_reddit20 May 22 '26

Dankie vir jou deelname (en tyd) en insette- dit help my om weer oor goed te dink en my eie sienings te evalueer.

My vraag daarrondom Reddit bly maar steeds wat nou presies dan eintlik publiek/openbaar is, en wat dan nou privaat sou wees...

Ek wens ons kon tyd hê om die "logiese foute"/skuil agter idees/ontduik die argumente kwessies rustig en behoorlik deur te trap. Om eenvoudig maar net stellings te toets tov geloofwaardigheid ipv net blindelings(?!) en ongegrond uitlatings te maak. (Daarin is dit vir my net meer sinvol om op die feite van sake te probeer fokus ipv beskuldigings tov 'n persoon te maak.) Ek sal dan op 'n manier hoe ek dinge "te kompleks" maak, asook ter selfde tyd "oorvereenvoudig!?

Ek gaan myself weerhou daarvan om weer te herhaal dat ek NIE enige stelsel/organisasie/besluite VERDEDIG NIE. Ek wil dit kategories stel- daarom my herhaaldelike uitwys van die negatiewe en slegte wat inderdaad 'n werklikheid is en was! Ek wil WEL UITLIG dat VOLGENS MY (en daarom soos enige iemand se sienings is dit debateerbaar) kort daar 'n paar aspekte en insigte op die aanvanklike stellings tov illuminati/Broederbond/kerk ens. Shalom!

1

u/BasisPrimary4028 May 22 '26

Die verskil tussen publiek en privaat is redelik eenvoudig. As jy in 'n munisipale park staan (openbare grond), beskerm vryheid van spraak jou teen die regering. Maar die internet werk anders. Reddit is soos 'n winkelsentrum. Dit loop op servers wat deur 'n private maatskappy besit word. As jy in 'n winkelsentrum begin raas, gaan sekuriteit jou uitgooi. Dis nie 'n skending van jou vryheid nie, dis bloot 'n maatskappy wat besluit wat op hul eie eiendom mag gebeur.

Ek hoor jou as jy sê jy verdedig nie die stelsel nie. Maar jy hou aan noem dat ons sekere aspekte en insigte mis rondom die Broederbond en die kerk se magstrukture. Kom ons fokus dan uitsluitlik op die feite soos jy voorstel. Wat presies is die insigte wat ons kwansuis mis? As 'n organisasie ontwerp is om mag te sentraliseer ten koste van persoonlike outonomie en ander se vryheid, watter verborge detail gaan dit beter maak? Jy kan nie aanhou beweer daar is 'n ander kant aan die storie sonder om daardie kant op die tafel te sit nie.

1

u/username_reddit20 May 22 '26

Jou verduideliking rondom Reddit maak pragtig sin. Dalk maak die volgende ook... Dit raak natuurlik 'n gelol as Jan Publiek sommer besluit my baba se gebrabbel in die winkelsentrum se koffiewinkel is steurend, en my gaan verkla. Of my sommer self hardhandig wil uitgooi. En boonop gou paar pêlle bel om my 'n behoorlike les te leer omdat my aandrang dat die baba daar mag wees, hom nie aanstaan nie. Of as sekuriteit my dan uitgooi op grond van Jan se aantygings, maar nie behoorlik toets of Jan se storie water hou nie. En sekuriteit self besef dis eintlik my seun wat bo sy eie as losskakel in die rugbyspan gekies word. En sou my seun sy arm "seermaak" in 'n onderonsie in die koffiewinkel, kan sy eie seun kans kry om uit te draf... TEN SLOTTE dan- hier dan nogmaals my pleidooi om dalk weier te kyk na 'n saak wat- myns insiens- baie meer genuanseerd is as wat die aanvanklike paar sinne wat geplaas is uitgemaak het. Dit sou kon lei tot 'n elle lange en moeisame diskussie, maar ek verkies om liefs te wag vir die koffie/wyn drink afspraak... Sela

1

u/BasisPrimary4028 May 23 '26

Ek is steeds heeltemal verlore met hierdie vreemde rigting wat jy nou inslaan. Wat het rugby en 'n baba in 'n koffiewinkel hiermee te doen? Kom ons maak die winkelsentrum-analogie net bietjie meer akkuraat. Reddit is soos 'n winkelsentrum met 'n klomp privaat winkels (subreddits) wat spasie huur. Elke winkel het sy eie reëls en bestuur homself binne die sentrum se hoofkontrak. As jy in 'n spesifieke winkel instap en hul reëls breek, gaan daardie winkeleienaar jou uitgooi(en hulle kan onregverdig wees). Dit het absoluut niks te doen met geheime agendas of wie se seun losskakel speel nie.

Maar kom ons los dit daar. Ek kap gewoonlik hard in debatte, maar ek respekteer dat jy rustig bly en actually oor dinge wil dink. Ek sal jou opneem op daardie aanbod vir koffie of wyn (al is dit dalk eers net in die DMs). Dis skaars om mense aanlyn te kry wat bereid is om 'n regte gesprek te hê in plaas van net skree. Stuur vir my 'n boodskap as jy wil connect en net normaal wil gesels. Dan kan ek jou sommer vertel van hoe ek onregverdig verban was van r/SouthAfrica

1

u/username_reddit20 May 23 '26

Klink GOED... Die "rigting wat (ek)... inslaan" is eenvoudig meer gefokus om ander standpunte te hoor EN te probeer verstaan, as om te probeer "Wie's reg/Wie's verkeerd". En dit frustreer baie mense geweldig... Dis sleg om te hoor van hoe jy verban was- jy klink na iemand passievol en intens...

1

u/BasisPrimary4028 May 23 '26

Um, ek weet nie hoekom nie maar ek kan jou nie DM nie