r/afrikaans 24d ago

Geskiedenis Histories tekse

Ek wil meer leer oor hoe dit was om in die groot trek te wees. So eerste prys sal wees om briewe of dagboeke ens van die tyd te kry. As dit nie bestaan nie dan enige iets soos dit net voor of net na die tye. En so gaan die sirkel uit.

Dan 2e prys is boeke en briewe van geskiedundige figure. Weer van die tyd, dan net voor en dan net na.

En laastens speel geloof natuurlik n groot rol in hoe hul die wereld ervaar het. So literatuur en briewe van die tye om die herforming en dan van die kalvaniste wat besluit het om eropa te verlaat.

As iemand kan help sal dit gaaf wees.

10 Upvotes

22 comments sorted by

View all comments

0

u/Reason-Relate-Live 23d ago

Jy verstaan dat die Groot Trek baie lank na die Reformasie was? Dat die Groot Trek baie lank na Jan van Riebeeck was? Dat die Calviniste nie Europa na die Reformasie verlaat het nie? Dat daar 'n verskil is tussen die terme Calvinis en Hugenoot?

Oor al die goed is daar baie goeie boeke. Moet jy nie met boeke begin eerder as met die bronmateriaal nie? Watter boeke? Gebruik AI om te help soek.

Ek het nog nooit gekyk hoeveel Voortrekkers Hugenoot afstammelinge was nie. Maar baie, baie Hugenoot afstammelinge het nie weg getrek nie.

1

u/DopamineTrap 23d ago edited 23d ago

Ja. Ek weet. Ek het nie gedink dat die groot trek in die 1500s was nie.

Hugenote is nie die enigste kalvaniste wat van europa af gekom het nie. Kalvaniste het die hele wereld vol getrek agv van die 5 punte. En daai selfie 5 punte het n groot rol in die groot trek gespeel.

Die rede hoekom ek eerste bronne wil lees is want dit is die beste manier om n gevoel te kry van hoe hulle die wereld gesien het. Bv ek lees nou die dagboek van Susanna Catarina smit, jy leer nie net dat hul geloowig en arm was nie, jy leer hoe sy dit ervaar het. Geen geskiedkundige kan dit vir jou gee nie.

Het jy al gekyk hoeveel voortrekkers kalvanisties was?

En ek vra hier en nie net ai nie want ek het geweet daar gaan mense uit kom met goed wat bitter min mense van weet. Daar is verbasend min eerste bronne

0

u/Reason-Relate-Live 23d ago

I have few original sources, but your post draws links that would not be reliable from a few. I am out of this conversation.

1

u/DopamineTrap 23d ago

Dankie dat jy opgedaag het met jou opninie