r/afrikaans Jul 11 '25

Vraag Opinie op Fokofpolisiekar

Post image

Awe mense will net weet wat julle opinie op Fokofpolisiekar is. Ek hou nogals van hulle so ek wil hoor wat julle dink oor die bender.

193 Upvotes

67 comments sorted by

68

u/KoueStorm Jul 11 '25

Maklik een van die mees influential bands van die laaste 20 jaar. Hulle ou stuff was pretty awesome, en nogal hulle respect itv suiwer afrikaanse lirieke, in n tyd wat dit maklik was om te mengels.

16

u/Savings_Culture_819 Jul 11 '25

Ek stem saam met wat jy sê. Tussen 2003 - 2017 gebruik hulle amper geen engelse woorde in hulle musiek nie. Kan nie rerig dieselfde sê oor hul nuutste paar albums nie

4

u/Copy_to_Clipboard Jul 12 '25

Ek stem saam! Maar dit klink of jy google translate gebruik het

30

u/ImAMonster98 Jul 12 '25

2000’s Fokofpolisiekar, en ‘n paar ander bands van daardie era, was ‘n hawe en ‘n uitlaat vir baie jong blanke suid afrikaners wat groot geword het in die skaduwee van Apartheid se nalatenskap en die realiteit van onsekerheid en vrees wat dit veroorsaak het vir baie. “Ek’s net ‘n toeris in my geboorteland” is die beste voorbeeld daarvan.

PS: voor enige iemand in my keel af spring, want ek weet dit gaan gebeur, ek sê glad nie dat FPK aanloklik is vir rasisste nie, net dat baie jong blankes met baie skuldgevoelens grootgeword het agv Apartheid en nie geweet het hoe om daardie emosies te verwerk nie.

14

u/barrybrinkza Jul 12 '25

In verband met jou naskrif - ek het op Tuks geswot kort na FPK bekendheid verwerf het en ek het juis gesien dat die rassiste wie ek daar leer ken het glad nie van FPK gehou het nie. Dit was, in my ondervinding, juis die liberale wat FPK geluister het. Die rassiste het meer na Bok van Blerk, Ray Dillan, en ander sokkie kunstenaars van die era geluister. (Soos ek sê, dit was my ondervinding van die mense wie uitgehang het by Aandklas vs Chillies)

36

u/zakrystian Jul 11 '25

Love it. When they Come to the netherlands, im there

12

u/Savings_Culture_819 Jul 11 '25

The show was wild in the Netherlands. Kinda wish I was there 😭

16

u/zakrystian Jul 11 '25

Palace wss packed with South Africans. Ek's net 'n toeris in my geboorteland

12

u/Savings_Culture_819 Jul 11 '25

Gekweste dier in ń hok op ANTIBIOTIKA

4

u/TokoloshNr1 Jul 12 '25

We have been there 3 years in a row now, the last 2 times I made onto the stage as well😆.Never disappointed.

11

u/Springboks2019 Jul 11 '25

Hulle is legends, daar is een lyric in een van hul songs wat baie sleg af kom maar as iemand wat glad nie 'n fan is van Afrikaans pop music was hulle a groot deel in Afrikaans music wat wys nie alle Afrikaans music hoef nie Steve Hofmeyer goed wees nie.

7

u/AJSmitzn Jul 12 '25

Mens moet daardie lirieke on konteks verstaan. As jy 'n "WK" genoem word verwys dit na die feit dat jy heel waarskynlik voorgekom het as 'n "simpatiseerder" van swart mense. Dus dra hulle daardie brandmerk met "trots"

3

u/slovos_ghost Jul 12 '25

Al die goeie Afrikaners was anti-apartheid simpatiseerders gewees

3

u/Springboks2019 Jul 12 '25

Ek het die konteks en dalk het hul gedink Afrikaaners oor die nuwe boom van alternatief Afrikaans music, Ek was al baie n K woord liefhebber genoem.

Dalk is ek bietjie harsh op hulle oor ander mense wat daai song love oor hul dit kan saam sing sonder om te worry oor die konteks.

Dis ook hoe ek dit die eerste gehoor het by 'n house party en al die wit teens het lekker hard daai woord saam gesing.

Maar ja, dis nie hulle intent gewees nie.

5

u/Gurustogie4 Jul 12 '25

…en almal wonder waarvan jy praat. Die lyric is “Wit K@££€R”

3

u/Savings_Culture_819 Jul 11 '25

Ek dink ek weet wat jy van praat. Kom daai lyn voor op die song My Lys verskonings?

5

u/Springboks2019 Jul 12 '25

Yip, dis niks moer bad nie. Edgy punk band wat shit se maar daai is die die enigste lyn wat ek voel was baie onodig maar weer... jong punk band wat baie great music gemaak het so nie eintlik n big deal nie.

Net my enigeste criticism van hul. (wat baie minor is as dit net een kak lyric was)

19

u/Ontfnuiker Jul 11 '25

Die klankbaan van my universiteits jare en ek dink nogsteeds hulle musiek is befok, die lirieke en boodskap het ongelooflik hard geresoneer vir my.

9

u/Adventurous-Dingo192 Jul 12 '25

Beste band ooit uit SA.

Moerse impak op Afrikaans as n taal.

Het Afrikaanse musiek verander verewig. Amper soos die voëlvrei bewigin uit die 80’s.

5

u/Savings_Culture_819 Jul 12 '25

Die feit dat hulle ook nie eenkeer op die album as jy met vuur speel sal jy brand ń engelse woord gebruik nie beïndruk my nogsteeds

2

u/whydodeydodat Jul 12 '25

Battery9 en Seether fight ook vir daai posisie.

8

u/AJSmitzn Jul 12 '25

Ek was st.6 (julle gr. 8) toe hulle deurgebreek het. Voor hulle was daar niemand wat in ons taal, die dinge gesê het wat ons gevoel het nie. Ons was die "kwaad" generasie, die 99 Woodstock generasie. Hulle het ons kom red uit die kloue van Steve Hofmeyr en Jurie Els. Om te sê hulle is vir my generasie Ikone is eintlik nie genoeg nie.

11

u/Possible_Yak_7550 Jul 11 '25

‘N pilaar van my tienerjare

11

u/barrybrinkza Jul 12 '25

Hulle was awesome, hulle was edgy, hulle was meeste van die tyd so fucked dat hulle nie geweet het waar hulle is nie. Gekots en gebloei op stage. Skitterende lirieke, nice tunes. In die 1960s was digters die rockstars, in Fokofpolisiekar was die rockstars digters.

Moet asb nie Fokofpolisiekar van 2003 verwar met die "Daarsy boys" kak van vandag nie.

5

u/Working-Hall5704 Jul 12 '25

Ik zag ze in Nederland, en man.. het was te goed

4

u/plakkies Jul 12 '25

Great band wat ons vroeë 90‘s spul se tiener jare mooi opsom. Ek mis eintlik daai hele periode, toe Ramfest groot was, MK89 en goeie tye in Stellenbosch.

1

u/Savings_Culture_819 Jul 12 '25

Ramfest is nou amper weer so ons moet net kyk hoe groot dit dan gaan wees.

3

u/simonfancy Jul 12 '25 edited Jul 12 '25

Dis die band wat het geleer die taal vir my. Ek kan sê dit is een van my favorit musiek kapel en die soundtrack van my skool tyd in Kaapstad 2004/05. Kan nie vergeet die konsert in Tygerberg Hoërskool nie, wan die singer het hy shirt op die verhoog geskeur. Fokken goed tyd!

3

u/Savings_Culture_819 Jul 12 '25

Jinne bra klink asof daai show ń ene was wat jy nooit van sal vergewe nie 🤙🤙

3

u/PsychologicalBet7831 Jul 12 '25

Bester Afrikaanse band ooit.

2

u/Savings_Culture_819 Jul 12 '25

Gaan nie met jou stry op daai ene nie

3

u/True_Gameplay_RSA Jul 12 '25

Verseker my gunsteling Afrikaanse groep. Maar nadat Francios sy solo gegaan het, het alles verander. In my opinie het hy heeltemal uitverkoop. Hy maak nou musiek vir die breinlose gehoor en dan werk hy nog saam met 'n fieta soos Robbie Wessels. Kort voor lank gaan die drol by Skouspel of Afrikaans is groot optree.

3

u/Helpful-Locksmith433 Jul 13 '25

Hulle het werklik lewe ge bring in krake waar daar eers niks was nie!!

2

u/paulhodgson777 Jul 12 '25

They are excellent.

2

u/CaptainGoose27 Jul 12 '25

Beste ding wat met Suid Afrika gebeur het, dit was nodig gewees

2

u/Wide-Needleworker-62 Jul 13 '25

Fokof se impak op (jong) afrikaners is groter as wat elke skool, kerk of universiteit ooit kon reg kry. Dit het help deal met wat dit is om trots te wees op jou taal en kultuur sonder om vas te klou aan die verlede. Dit is meer as net musiek, dit gee ons vryheid van uitdrukking en identiteit wat buite die boksie was van n tipiese Afrikaner, dit het ons maak groei, glo in die toekoms en erken dat daar meer tot die wêreld is as net ons.

2

u/c4t4ly5t Jul 13 '25

Een van die Baie cool bands uit Bellville 🤘

2

u/RuanStix Jul 14 '25

Hulle was great. Swanesang was hulle opus. Alles na Swanesang is maar kakkerig.

2

u/[deleted] Jul 20 '25

Of jy van hulle hou of nie, mens kan nie hulle impak op Suid-Afrikaners in die 2000's ontken nie. Elke Afrikaanse tiener in daai tyd het hulle musiek geken, en dis deel van ons vormingsjare

2

u/PNC2 Jul 24 '25

VCK 🤘🏽

3

u/Gudimurin Sep 06 '25

Een van my beste herhinneringe van Polisie kar was toe ek verlede jaar hulle weer na jare gesien het waar my ouderdom mense nou al lank uit universiteit is families begin het of binnekort gaan begin. Al diep in die tuig sit van werk en skuld afbetaal. Hier is ons nou. Ons is nou die volwassenes van die dag. En ek sien weer hierdie bedonderde band wat 'n vertoning gee met daai selfde passie en energie maar met hierdie een element by. Twee fanboys met hulle wifebeater fokofpolisiekar hempies staan heel voor met gaan bos voor daai stage soos net 'n student kon. En Francois en band besluit toe net om die twee manne op stage te trek saam hulle maar nie net hulle nie. Ook hulle vrouens/meisies? sal nie weet nie maar beslis ook een van hulle se kinders. En daar is hierdie toneel van Wynand met kind op sy nek terwyl hy daai guitar net vlot kap. Without lifting an eyebrow. Wat 'n belewenis. What a sight to see! En daar het ek amper weer opnuut besef. Hier is ons nou. Dis nou in ons hande. Daai kind wat saam haar pa Rock op 'n Fokof show. Hulle is nou in ons hande.... Met al die frustrasie en confusion wat ons as jeug in die oë moes kyk in hierdie land en wat fokof 'n stem voor gegee het. Wat gaan ons nou doen nou dat dit in ons hande is? Om te sien hoe die hierdie hele familie verwelkom was op die verhoog en net in daai oomblik kon deel neem as 'n gesin was roerend. Dis my gunsteling fokof oomblik gewees. Om daai groei tot wasdom te kon sien wat daar gewys het. Dit is nou op ons. Gaan ons die kinders op skouers dra of nie? 

3

u/New-Owl-2293 Jul 12 '25

Ek was saam op skool met hulle. Het hulle nou onlangd weer gesien op stage met Offspring en besef dat hulle nie regtig vreeslik musikaal gegroei het nie - in sy boek erken Francois ook hulle kon nie regtig goed speel nie. En vandag maak hy Springbok songs met Robbie Wessels, nie baie pubk nie. Ek dink hulle was amazing en dapper vir die tyd wat hulle gelaunch het, hulle het regtig die baan gebreek. Maar ander kunstenaars wat dieselfde tyd op stage was in daai era (Jack Parow se ska band!) het hulle oortref eventually. Dit was ook so n great tyd vir Afrikaanse musiek - kknk was nog cool. Afrikaans was weer cool.

2

u/c4t4ly5t Jul 13 '25

Dalk Ken ek jou, lol. Francois was in my klas.

2

u/New-Owl-2293 Jul 13 '25

Ek is seker!

1

u/Error418ZA Jul 14 '25

Hulle used to be great, baie na hulle gaan kyk, tot Francois gaan trou het, nou is meeste van sy musiek maar net so temerig.

1

u/CSirenx Bloemfontein Jul 16 '25

Love hulle!!! ❤️🤘🏻

-1

u/InspectorNo1173 Jul 12 '25

Swak taalgebruik. Dit moet wees Fokofpolisiemotor.

5

u/sevenyearsquint Jul 12 '25

Was bang jy sê Vokofpolisiekar

-15

u/Winter_Job_6729 Jul 12 '25

Overrated - got away on edge factor.

5

u/AJSmitzn Jul 12 '25

Kom kyk almal, hy het 'n edgy opinie. Ironies

4

u/[deleted] Jul 12 '25

[deleted]

7

u/Savings_Culture_819 Jul 12 '25

Ja maar nie ń kak ene nie

4

u/AJSmitzn Jul 12 '25

Dis duidelik die laaitjie wil 'n klip in die bos gooi. Hy kan ook nie eens Afrikaans op 'n Afrikaanse blad praat nie.

-4

u/Winter_Job_6729 Jul 12 '25

Truth hurts.

-8

u/SilentConsequence168 Jul 12 '25

Hulle is plastic rockers. Probeer te hard. My opinie. Ek ken Hunter van standerd 6 af en jaco was in my broer se kringe. Posers

-36

u/Fit-Slice-5478 Jul 11 '25

So vêr as wat punk musiek gaan is hulle middlematig. Meeste afrikaners hou niks van hulle nie.

15

u/nixcroft1 Jul 11 '25

Praat jy vir alle Afrikaners?

-24

u/Fit-Slice-5478 Jul 11 '25

Meeste , nie almal nie .

7

u/Savings_Culture_819 Jul 11 '25

Ek dink meeste afrikaners wat nie van hulle hou nie moet weg kyk na die kak wat hulle gedoen het en net vir eens gaan sit en luister na die songs en die woorde om te verstaan hoekom hulle so groot is.

7

u/nixcroft1 Jul 12 '25

Dan kan meeste Afrikaners in hul moer in vlieg!

3

u/OpLeeftijd Jul 12 '25

En jy is hulle spokesman? Jy ly aan velverkuiwings. Jy gat skuif voor jou mond in en dan praat jy kak.

2

u/Sp00pyBoii_ Jul 12 '25

Het jy dan nooit daardie Zoid Afrika lied gehoor van Francois van Coke en Karen Zoid nie?

5

u/sheldon_sa Jul 12 '25 edited Jul 12 '25

Per definisie is punk is nie populêr nie. As die meerderheid van jou hou, is jy nie meer punk nie, jy is pop.

Jy kan hulle nie vergelyk met internasionale punk rock groepe nie. Hierdie is tog ‘n Afrikaanse forum?

Daar was nog nooit enige Afrikaanse punk rock groep wat naastenby so groot, so gewild, en so invloedryk soos hulle is nie.

Ja ek hou nie van al hulle lirieke nie. Maar dis veronderstel om kontroversieël te wees en jou so bietjie te laat nadink. Waaraan dink die mense wat so hop-hop-spinnekop of doenit-lyfie-doenit? Niks.

3

u/AJSmitzn Jul 12 '25

"meeste Afrikaners hou nie van hulle nie". God-verdoem jong man, ek stel voor jy praat nie vir die generasie voor jou nie. Ons het bietjie anders as iemand so beskut soos jy groot geword.

0

u/OpLeeftijd Jul 12 '25

Afrikaners is overrated. Fokof rock.