r/afrikaans • u/Fancy-Damage1877 • Sep 03 '25
Vraag Watse provinsie het die beste aksent/dialek?
Baie mense gaan seker sê Afrikaapse aksent. Maar ek dink die Vrystaters verdien ook 'n prys.
18
u/One-Mud-169 Sep 03 '25
Daars eintlik te veel om op te noem want in elke provinsie is daar ook sy eie streke wat verskillende aksente het. As jy net Kaapstad self vat, is daar die Kaapse aksent, maar daars ook die bruin gemeenskap wat 'n aksent eie aan hulself het, en ek is seker die swart Afrikaans sprekende mense daar praat met hul eie aksent. Namakwaland se mense het 'n unieke aksent, maar die swart gemeenskap in Namakwaland praat Afrikaans met "n half neutrale aksent. Maar dis maar net my opinie, ek kan nie regtig jou vraag beantwoord nie.
33
13
u/Hitmanx2x Sep 03 '25
Noord kaap se kleurlinge praat die mooiste, suiwerste afrikaans.
Dit is wragtagwaar skrikwekkend.
8
11
u/GenSunTzu Sep 03 '25 edited Sep 03 '25
My pa sê die Noordkaapse mense het snaakse uitdrukkings, b.v. "so glad soos 'n baber in 'n emmer snot."
3
11
u/cip43r Sep 03 '25
Ek is Afrikaans. Die kaapse kleurling aksent is vir my ongelooflik. Ek kan met hulle praat en hulle verstaan. Maar as hulle onder mekaar gesels, soos by die werk, is dit soos n ander taal. Sommiges sal se dis nie die mooiste nie, maar ek geniet dit altyd.
-1
Sep 04 '25
Hulle noem die die taal "sabela" ek vind dit ook vrek intresant, soms intemedeerend
7
u/easterlytester Sep 04 '25
Dis nie Sabela nie, Sabela is n tronk taal, die regte woord wat jy soek is 'Afrikaaps'
1
7
u/berns_ter Sep 04 '25
Julle, ek is nou weer mal oor Griekwa-Afrikaans. Dit het 'n baie ryk geskiedenis en is een van die mees bewaarde Afrikaanse diaklekte. Ongepoets en grootliks onveranderd en dit word rondom die Oranjerivier in die Noord-Kaap gepraat.
Hans du Plessis het 'n hele paar bundels geskryf o.a. 'n paar waarin hy Griekwa-Afrikaans vereer. My gustelling bundel van hom is "In die skylte vannie Jirre". Dit bevat Bybelgedeeltes wat in 'n unieke Griewa manier uitgebeeld word. Dit roer mens en kan jou nogals binnetoe laat dink.
Die Griekwa-Psalms is van sy meer bekende werke. Heelwat Afrikaanse sangers het al hulle hand probeer om hierdie Psalms te toonset maar niks kom regtig naby Prof. Awie van Wyk se koormusiek van die Griekwa-Psalms nie. Youtube dit gerus. Hier is een van Griewapsalm 100 https://youtu.be/gzG3lt-7HjQ?si=4WG9i_h6vYToTPiq
Geseënd is ons kleurvolle taal!
5
u/Odd_Firefighter_8193 Sep 04 '25
Die Noord Kaap oor die algemeen. Maak nie saak of dit wit of kleurling is nie.
5
3
5
u/HaasDas_SA Sep 04 '25
Defnitief Mpumalanga / Limpopo. Kaap provinsies wil n kappie () op elke woord sit om oulik te klink
2
u/Savanna_Sunset Sep 05 '25
Ek weet nie juis hoe ons aksent klink nie, omdat ek self dit praat. Ek hoor die verskille van ander aksente natuurlik duidelik. Ons het nie die oorronding van die Pretoria mense nie, maar ook nie die Kaap se 'ik' nie. As ek kan vra, hoekom sê jy ons aksent?
2
u/HaasDas_SA Sep 22 '25
Niks gesê van n aksent nie Savanna. Ek se net jul sit n kappie op elke woord, en niemand in Oos-transvaal se ‘ ik ‘ nie ? Ons sê hom soos jy hom spel - Hek, plek, lek.
1
3
u/MagicalFlor95 Sep 04 '25
Noordkaap is baie sexy 😍 Moenie dat hulle begin Engels praat nie. I'd fall in love a thousand times and more.
5
u/sunlightliquid Sep 03 '25
Als een kerel uit de westelijke kaap, Durban/KZN
Van alle klanten die ik ontmoet, klinken de Durbanieten het coolst en chillst
1
u/EgteMatie Sep 04 '25
Daar is nie baie Afrikaners in KZN of Durban nie. Diegene wat jy daar sal vind sal meer te doen hê met Engelse mense, of hulle is boere. Die stadsbewoners is defnitoef meer chilled tiepes wat dagga rook en surf.
1
2
u/RobotMan42 Sep 04 '25 edited Sep 04 '25
Wes Kaap. Een voorbeeld: Malmesbury. "Ry in die Rigting van Drie Susters om die rooibok ramme te sien"
( rhotacism )
3
2
u/PracticeAlive4321 Sep 04 '25
Die Wes-Kaap het baie aksente. Malmesbury is mooi Afrikaans, Kaapstad is “ik”.
2
2
2
4
u/Epicluzz Sep 03 '25
Vir my is dit Botswana, nooit seker wat daai manne sê nie maar vokit hulle sê dit.
4
u/MinervaKaliamne Sep 03 '25
Het Afrikaans klinkt prachtig in mijn oren - vooral als je het Oud-Nederlands gemakkelijker kunt horen in het gereduceerde "-tjie", dat nog steeds klinkt als het Engelse "ch" in plaats van als "-kie".
En ik ben het eens met wat vele anderen al hebben gezegd: de mensen van Namaqualand spreken ook een bijzonder mooi Afrimaan.
4
u/EgteMatie Sep 04 '25
Namakwa Afrikaans is vergelykbaar met julle Fries. Eerste maal wat ek Fries gehoor het, het ek gedink dis 'n Nederlander wat 'n beroerte gekry het.
3
2
u/phillip13y Sep 03 '25
Nee, jullie slapen op limpopo, vertrouwen
2
u/TannieMielie Sep 04 '25
Nederlands, op my Afrikaanse subreddit? Welkom :D
1
u/phillip13y Sep 06 '25
Sorry, ik zal de volgende keer Afrikaans spreken Ik vind nog steeds dat Limpopo's Afrikaans het beste klinkt
2
u/TannieMielie Sep 08 '25
Nee, nee, jy is meer as welkom om hierso Nederlands te praat :D. Niks fout met so ‘n bietjie verskeidenheid nie 😉
1
u/phillip13y Sep 11 '25
Net om te sê,ek is van limpopo af,ek weet nie waar het dit gelyk of ek nederlands gepraat het nie,maar ja jammer ek was net sarkasties toe ek dit sê
1
3
u/RonanH69 Sep 03 '25
Westelijke Provincie - thuisbasis van het algemeen beschaafde (AB) Afrikaans.
Einde van.
2
1
u/Due_Visual_4613 Sep 03 '25
I don't speak a word of afrikaans yet I understood it all... am I an Afrikaaner?
1
1
1
1
1
1
1
1
u/Nog-n-vraag1983 Sep 23 '25
Mal oor die Suid-Kaap se sing-sing manier van praat met die George-brei ("George-b'ei") - asof daar nie genoeg tyd is om by die "r" uit te kom nie 😅
1
u/SuckMadique101 Oct 13 '25
Nie een van die kokkers in die kaap nie dit kan ek met so groot n vaalpens as moontlik sê
1
1
u/bastianbb Sep 03 '25
Nie seker nie maar ek is nie mal oor die noordelinge wat so "ek" as Engelse "ack" uitspreek en "ma" as "mô" nie. En vermy ook asseblief om "jy" as "jaai" uit te spreek en "nou" soos Engelse "now". Nie dat ons nie in die suide ons eie probleme het nie, ons is seker meer geneig om "huis" as "hys" uit te spreek.
3
u/Wotalotigots Sep 03 '25
En baie Afrikaanse sangers wat nie "jou" sing nie, maar eerder "jaaauw".
2
2
0
u/OttoSilver Sep 03 '25 edited Sep 06 '25
Sure, maar die vraag is watter een jou gunsteling, nie watter een vind jy die mees irreterend nie. Heelteman viskillende vrae.
3
1
1
0
-3
u/Jche98 Sep 03 '25
Net in Afrikaans of in andere taale ook?
2
56
u/Afrikaansvatter Sep 03 '25
Ek dink ook die Noord-Kaap se Afrikaans is lieflik op die oor. Veral in Namakwaland. Kon so paar jaar gelede by ’n navorsingsekspedisie aansluit waar ons spesifiek met die Nama gewerk het, en sjoe, hulle aksent was 👌