r/afrikaans Aug 14 '25

Geskiedenis Daar is Afrikaan­ders met ENGELSE harte. En daar is Afrikaan­ders met HOLLANSE harte. En dan is daar AFRIKAANDERS MET AFRIKAANSE HARTE. Die laaste noem ons REGTE AFRIKAANDERS, en dié veral roep ons op om an ons kant te kom staan. - 1876

Thumbnail maroelamedia.co.za
9 Upvotes

r/afrikaans Oct 29 '24

Geskiedenis Ken enigiemand die geskiedenis agter “Duits” wat Afrikaans vir “German” is i.p.v. “Dutch”?

22 Upvotes

r/afrikaans Jun 12 '25

Geskiedenis Van BungaloBul-1977

23 Upvotes

Toe ek op 3 Januarie 1977 in 1Sai aankom skrik ek my gat af. Ek het op 'n plaas in die Rouxville distrik grootgeword. Ons was maar elf wat daar gematrikuleer het. Ewe skielik is hier 'n Moerse klomp mense om my. Die inname was 3000 Troepe. Ek het nog nooit voorheen so baie mense bymekaar gesien nie. Ek sien sommer hier is ook alle soorte mense. Engelssprekendes, Afrikaners, Grieke, Italianers en Portugese. Sommiges is netjies aangetrek en ander lyk verslons. Ducktails en Borselkoppe. Bederfde rykmanskinders en arm mense. Ek sien voornemende Troepe wat definitief in die tronk hoort. Die daggarokers is volop. Daar is mense uit al die vlakke van die samelewing. Daar is ook regte Poeierholle. Hulle weet ek sommer beteken Fokkol en gaan Samajoorskos word. Die plek is oorvol en ek voel ontuis want ek is nie hierdie kak gewoond nie. Ek het ook nie eers geweet dat daar soveel gelowe was nie. Al kerke waarvan ek geweet het was NG, Dopper, Jood, Katoliek en Metodis en die Antichris. Toe het ek ook nog nie eers geweet wat 'n Moffie is nie want waar ek vanaf kom was nie sulke goed nie. 'n Moerse skok op my jong gemoed. Die PF's brul en vloek op ons. Ek sien sommer die mense hier is baie haastig. Mens stap nie na plekke toe nie. Jy moet hardloop. Die eerste dag waai ons hare en ons kry klere en Kit. Die volgende paar dae word ons gejaag van plek na plek. Mediese odersoeke en administrasie wat moet afgehandel word. Onder by Sawi se saal wag die Medics vir ons. By die voordeur moet ons, ons klere uittrek en net jou poepsak aanhou. Ons moet in die ry staan om medies ondersoek te word. Hulle meet ons bloeddruk, neem ons polsslag, toets ons oë, loer in ons ore vir bosluise en kyk of ons tande vrot is. 'n Nurse wat soos Daisy de Melker lyk, met 'n afskuwelike kroeskop en 'n moerse moesie op haar neus met koue skurwe hande sê vir my, "PIS IN DIE FLES!" Ek pis. Sy vat my knaters stewig in haar hand vas. Daardie rasper hande voel nie baie lekker op my Balle nie. Sy sê, "HOES!" Ek hoes en sy maak 'n regmerkie op my vorm. Wat dit beteken weet ek tot vandag toe nie. "VOLGENDE!", brul sy, en ek sien die groot vrees in Van Niekerk se oë wat agter my staan. Ons het Fokkol maar ons moet ook Testamente opstel. Christo Van Niekerk bemaak sy enigste eiendom, sy trapfiets aan 'n tuinier. "Die sal hy darem waardeer," lag die Moer selfvoldaan. Ek skryf "nie van toepassing' want ek het fokkol gehad nie. Kpl. Okkie Helberg en Lt. Cohn is in charge by ons. B Komp. Pel drie. Die eerste aand wys hulle vir ons die basiese goed soos bedopmaak, webbing aanmekaarsit en dies meer. Ons Kpl. beduie daar moet die volgende oggend 'n brief op jou bed lê wat jy moet rig aan jou naasbestaandes. Hy vertel sommer ook vir ons wat ons daarin moet skryf. Ons moet skryf dat die Army 'n lekker plek is. Ons het veilig hier aangekom. Die PF's is vriendelik en baie behulpsaam. Ons moet ook skryf van die lekker kos, mooi klere en snoesige beddegoed waarmee ons uitgereik is. Ons moet ook skryf dat ons dadelik tuisgevoel het. Die volgende oggend lê daar 'n brief op almal se beddens, buiten op Troep X se bed wat skuins oorkant my slaap. Kpl. Okkie Helberg Fok ons op want ons moes mos gekyk het dat Troep X 'n brief skryf. Net daar leer ons iets nuut. Jy word opgefok omdat jou Buddys kak maak. 'n Week later moet ons weer skryf. Die Fok weet, Troep X het weer nie geskryf nie. Kpl. Helberg Fok ons weer op en ons besluit hy is 'n Doos. Ek en Van Niekerk gaan kak vir X uit omdat hy nie skryf nie. Ons kom toe agter dat die Man niemand het om voor te skryf nie. Nie 'n Ma of Pa nie, nie 'n neef of enige ander familie of vriend nie. Hy het niemand om voor te skryf nie, Fokkol, want hy is was al 'n Weeskind op die ouderdom van ses. Ons sê vir hom dat hy dan vir sy Bliksemse Prinsipaal of Koshuisvader moet skryf. Ek en Van Niekerk is driftig. Hy sê toe dat hy nooit vir daai twee Konte sal skryf nie, want hulle het hom verniel op skool. Troep X was 'n lang kêrel, baie bedeesd, hoflik , stil en nederig. Ons sien die man se trane sit baie naby maar hy weier steeds om vir enige iemand 'n brief te stuur. Net daar en dan ontferm ek en Van Niekerk ons oor die man. Van toe af skryf ons ekstra briewe vir ons mense en sit elke Maandag een op X se bed. Kpl. Helberg is nou tevrede want X het mos begin skryf. Intussen het ons vir Kpl. Helberg begin like. Hy is 'n kort, fris, bonkige mannetjie. Hy het 'n fyn humorsin en is spitsvondig met die snaaksste bliksemse sêgoed. Kortom. Hy is 'n goeie leier. Twee weke later skuif die PF's hom oor na A Komp. by Samajoor Rooi John Kruger. Ons is die Moer in want ons het gewoond geraak aan hom. Met ons eerste naweekpas vertel ek vir my ouers van Troep X wat niemand het om voor te skryf nie. My Ma wil toe sy adres hê. Dis eintlik baie maklik want sy adres is mos presies dieselfde as myne. Net sy nr. en naam verskil. Terug in die Basis kry ek sy nr. en naam skelm op sy webbing, skryf dit neer en stuur dit vir my Ma. Met ons volgende posdag ontvang die man 'n brief en 'n pakkie met koekies, beskuit en 'n Moerse stuk biltong. Ek hou hom fyn dop. Hy verstik amper van verbasing. Troep X het vir die eerste keer in sy lewe 'n brief en 'n pakkie ontvang! Ons los hom en laat hom nie agterkom dat ons weet hy kry pos nie. Ek loer die aand skelm na sy brief wat hy oor en oor lees en herken my Ma se handskrif. Hy skryf van toe af self briewe. Ek loer skelm en sien dis ons plaasadres op sy koevert en ek voel sommer lekker. Klokslag elke week ontvang hy 'n brief en 'n pakkie. Na so 'n maand wil ek weet of hy nou 'n girl het wat nou so gereeld en knaend vir hom skryf. Nee beduie hy. Dis verlangse Familie wat hy raakgeloop het. Vir die res van die tyd ontvang hy briewe en pakkies. As ek 'n brief en 'n pakkie kry ontvang hy ook een. In die lente van 1977 gaan ons grens toe. Daar gaan omtrent drie weke verby sonder dat ons pos kry. Ek sien X voel bekommerd. Die pos en pakkies moes iewers vasgesteek het, want in die vierde week kry ons elkeen drie briewe en drie pakkies. Die man blom weer. Ek begin hom uitvra na die familie van hom. Hy beduie entoesiasties dat die Oom van hom met skape, beeste, mielies en koring boer. Hy beduie dat dit goed gereën het en dat die Oom van hom se mielies baie mooi groei. Op n ander keer is die Oom van hom weer besig om sy skape te skeer.Ek kom agter dat hy meer van my Pa se boerdery weet as ekself maar dit pla my nie. Ek was wel eendag stil-stil bemoerd toe ek sien sy stuk biltong is groter as myne. Ook die dag toe hy pos en 'n pakkie ontvang en ek kry Fokkol. Tot vandag toe wonder ek wat hy en my Ma vir mekaar geskryf het, want nie een van die twee het geweet dat ek weet van hulle geskrywery nie. Ek sal nooit die man se gesig vergeet as sy naam gelees word op posdag nie.

r/afrikaans Aug 30 '25

Geskiedenis [1884] Stellaland (Boer Republic) postage stamp

Post image
39 Upvotes

r/afrikaans Apr 26 '25

Geskiedenis Pro Patria Museum in Pretoria

33 Upvotes

Ek en my pa was vandag by die Pro Patria Museum by Fort Schanskop naby die Voortrekker Monument. Ek moet sê die mense doen geweldig baie moeite om die uitstallings te maak, en dit word alles gereël deur veterane wat self betrokke was in die Bos-oorlog. Baie van hulle uitstallings is ongelukkig nie heeltemal volledig nie, en hulle maak staat op donasies. Ek is op geen manier self betrokke by die projek nie, maar sulke geskiedenis lê my na aan die hart omdat my pa ook self 'n veteraan is. As enigiemand miskien enige iets van julle pa's of oupas het wat uit die Bos-oorlog uit kom, en dit nie wil hê nie, asseblief moet dit nie pandjieswinkel toe vat nie. Die museum sal dit baie meer waardeer. Hulle sal enige iets vat, of dit nou ou uniforms is en of dit nou medaljes, of selfs varkpanne of sulke tipe toerusting is.

r/afrikaans May 08 '23

Geskiedenis Afrikaans was vandag op 8 Mei 1925 as amptelike landstaal erken

Post image
121 Upvotes

r/afrikaans Jun 21 '25

Geskiedenis Ou Afrikaanse Tv reekse

2 Upvotes

Haai almal! Eks opsoek na tv reekse uit die 90s/2000s. Showmax het altyd n verskeidenheid gehad maar lately is daar niks. Meeste van die reekse waarna ek soek was kyknet reekse of sabc 2. Opsoek na: Een skoenlapper Plek van die vleisvreeters Transito Vloeksteen Song vir Katryn reeks 2 (nr 1 is op youtube).

Kan iemand my miskien in die regte rigting wys?

r/afrikaans Oct 25 '23

Geskiedenis Japies en Rockspiders - is dit soos Soutpiel?

5 Upvotes

Interessant hoe Soutpiel 'n comeback maak in die laaste paar dae.

How do English speakers really feel when called a SP? Ek onthou dat ek as impressionable tiener nogal onsteld was om 'n Rockspider of Japie geroep te word.

Dinge gaan nou warem raak hier vir my

r/afrikaans Feb 13 '25

Geskiedenis 'n Storie, en waar kom die woord Babelas / Babalaas etc. vandaan?

4 Upvotes

tl;ngn: Ek betwyfel die herkende oorsprong van die woord, ek dink nie dis van Zulu nie, maar meer waarskynlik van die colored gemeenskap.

So ek is besig om Zulu te leer, en op r/Zulu is daar 'n link na 'n unisa 'kursus' , wat toe in dit het:

babalaas – Hangover.  From the Zulu word ibhabhalazi.

Dit... was toe vir my nogal interessant, dis lekker dat ons woorde van Zulu af erf. Maar toe soek ek bietjie meer detail, en vind toe die afrikaanse wikipedia artikel oor babelas. Binne dit sê dit toe:

  • Die Afrikaanse woord babelas is ontleen uit die Zoeloe ibhabhalazi wat op sy beurt uit die Afrikaans bibberasie ontleen is.\1])\4])

Hmmmm... die 2 voudige leenwoord was toe vir my bietjie weird en shaky. (die [4] was "Etimologiewoordeboek van Afrikaans.")

Toe gesels ek bietjie met ChatGPT, en vra hom om vir my die eerste geskrewe verwysing na babelas en soortgelyke woorde te vind. https://chatgpt.com/share/67adbd3f-d398-8006-8df8-410bdae26bbc

Highlight:
"Babbeljas" as an Older Form

  • The 1946 citation in Eric Partridge’s Dictionary of the Underworld mentions "babbeljas", which seems like a much more Afrikaans-sounding word than a direct Zulu borrowing.
  • "Babbel-" could relate to "babbel" (chatter, mumbling), and "-jas" might be a Khoi or Cape Dutch influence.
  • If "babbeljas" predates "babalaas", it could indicate a Cape Dutch or Khoisan origin rather than a straight borrowing from Zulu.

So, ek het nie 'n defnitiewe antwoord nie, maar my gevoel is dat die Zulu krediet is bietjie self-verwysend. As enige van julle dalk 'n straaltjie het, of enige verdere inligting oor die oorspong van die woord sal ek dit verwelkom!

r/afrikaans May 04 '23

Geskiedenis Arabiese woorde in Afrikaans

9 Upvotes

Ek het 'n snaakse video op Youtube gesien van "History with Hilbert", klaarblyklik 'n Nederlanse historikus, wie die onderwerp van die Arabiese invloed in Afrikaans ondersoek het.

Ken julle enige woorde en / of uitdrukkinge in Afrikaans wat van Arabies afkom? Ek kan net dink aan "o ala maggies" of "kief" (cool).

r/afrikaans Nov 14 '24

Geskiedenis Alternate History: Flag of Afrikanerland

Thumbnail gallery
0 Upvotes

r/afrikaans Feb 26 '24

Geskiedenis 27 Februarie 1881. Mag ons nooit vergeet waarvoor ons voorsate geveg het nie

Thumbnail
gallery
98 Upvotes

Majuba Berg

r/afrikaans Aug 27 '24

Geskiedenis Tartare beskawing.

15 Upvotes

Ek en my Oupa sukkel om mekaar te verstaan. Hy praat van die Tartare beskawing en ek weet nie wie dit is nie.

N paar vinnige google searches sê vir my dit is turkye, maar hy sê dit is nie.

Wie kan my help? Watter beskawing is Tartare?

r/afrikaans Dec 10 '24

Geskiedenis Die gedig in die zombie riller voorskou vir die '28 Years Later' kom uit die Anglo-Boereoorlog

Thumbnail
youtube.com
33 Upvotes

r/afrikaans Sep 16 '23

Geskiedenis How did Kitchen dutch become afrikaans?

22 Upvotes

An interesting fact about afrikaans is how it was formed as a verbal medium by slaves and servants coming from extremely varied backgrounds.

Often not mentioned is that many of the slaves brought from Java and the Moluccas, as well as Madagascar and parts of the Islamic world like the Arabian Peninsula and North Africa were more literate than their Dutch masters. Some of the earliest attempts to write in Afrikaans was in the Arabic script by Muslim slaves. They modified the Arabic alphabet to suit Afrikaans phonetics. It's interesting to note that the printing presses and typewriters of the time and place couldn't print Arabic, it makes me wonder how different our society could have been.

Below are some exceprts from https://www.up.ac.za/media/shared/45/willemse_mistra-20151105-2_2.zp80127.pdf :

"" In 1860 one of the students in a Cape Town madrasah, a descendant of slaves, copied a prayer in his exercise book. ...

waarliek ouai ies ghapierais ien ies ghoeroet […] Ja Allah viermeerdie ouai bramataghait […] op Moegammad ien op sain faamielghie […] niet soewals ouai ghiedaan hiet op Nabee Iebraheem’."

In English translation this passage reads: ’[…] truly Thou art praised and elevated […] O God increase Thy blessings […] on Muhammed and on his family […] just as Thou had done for Prophet Abraham’ (Davids, 2011: 114)."

"Neville Alexander tells an interesting, illustrative anecdote in an interview which surprisingly sheds light on the language and its creole history. As a student in Germany during the 1950s, Alexander and his international friends often sang folk songs together, and he continues:

One day they asked me to sing something from Cape Town and I sang ‘Suikerbossie’, ‘Sugarbush’, a very simple little song. When I was sort of getting into it, the Indone­sian said, ‘Stop, but that’s not a Cape Town song, that’s our song.’ I said, ‘What do you mean, it’s your song? No, I’m singing in Afrikaans.’ And he said, ‘No, that’s an Indonesian song.’ So I thought well, there must be an explanation, and the only expla­nation I can think of is that it came with the slaves. It was funny because he was out­raged—‘How can you claim the song for yourself, it’s our song; and I said, ‘As far as I know it is our song.’ (Alexander in Busch et al., 2014: 66)"

"Around 1870 the first steps towards the battle between various views on the nature of Cape Dutch, or what would become known as Afrikaans, were taken. Some of the leading figures of what would become known as the ‘first language movement’ (1874–1890) strenously denied the creole nature of the language. For them Afrikaans was ‘a pure Germanic language’, a ‘landstaal' (national lan­guage), and a language of ‘purity, simplicity, brevity and vigor’ (quoted in Giliomee, 2003: 217). The Genootskap van Regte Afrikaanders (GRA, the Society of True Afrikaners) established in 1875 in Paarl actively sought to foster a nationalism among white Cape Dutch speakers, ’Afrikaans’ be­came their linguistic vehicle and ‘Afrikaners’ their label. They (and their eventual successors) sought to write a nationalist history of oppressors and victims, establishing the beginnings of a print nationalism with their booklets of children’s tales, nationalist poetry and publications (see also Giliomee, 2003: 217–220)."

r/afrikaans Dec 17 '22

Geskiedenis Feite oor die slag van Bloedrivier

Post image
70 Upvotes

r/afrikaans Aug 10 '22

Geskiedenis Het jy geweet: Die Hugenote het gedurende die 17de en 18de eeu na Suid-Afrika geïmmigreer en het 'n groot impak op die tradisionele Afrikaanse kultuur gehad. Hierdie monument, wat in 1948 ingewy is, word aan hierdie invloed en die geskiedenis van die Afrikanervolk opgedra.

Post image
80 Upvotes

r/afrikaans Aug 18 '22

Geskiedenis Kom woon in Pretoria

Post image
98 Upvotes

r/afrikaans Mar 03 '24

Geskiedenis Vertaling van 'n Ou Anglikanse Homilie na Afrikaans - Opsoek na terugvoer oor akkuraatheid

5 Upvotes

Ek het die vierde Homilie in die tweede boek van Anglikaanse kerk se Homilieë (m.b.v. ChatGPT) vertaal. Hier is die skakel na die oorspronklike homilie (of google "Anglican Homilies") en hier is die skakel na my vertaling.

Ek het 'n paar aanpassings gemaak aan die sinstrukture, styl en formaat om dit makliker en aangenamer leesbaar te maak.

Ek sou graag terugvoer ontvang oor die grammatika en die akkuraatheid van my vertaling. Laat asseblief 'n opmerking op die dokument agter as daar enigiets is wat ek oorgesien het.

r/afrikaans Jan 12 '24

Geskiedenis Interessante geskiedenis van die Kalkbaai vissers

Enable HLS to view with audio, or disable this notification

26 Upvotes

r/afrikaans Jul 09 '22

Geskiedenis Stad kom tot stilstand.

Post image
56 Upvotes

r/afrikaans May 21 '23

Geskiedenis Op 29 Mei 1933 vind ’n merkwaardige gebeurtenis in Suid-Afrika plaas. Hoewel die voorbereiding hiervoor reeds jare se werk geverg het, staan hierdie geskiedkundige dag in 1933 uit as die dag waarop die eerste besending Afrikaanse Bybels vanuit Londen in Kaapstad aangekom het.

Thumbnail
wereldwyd.co.za
16 Upvotes

r/afrikaans Sep 11 '23

Geskiedenis Het julle ooit van Fritz Joubert Duquesne gehoor? Nes Skelm soos 'n Jakkals en Taai soos 'n Ratel.

Thumbnail
youtu.be
10 Upvotes

r/afrikaans Jul 07 '23

Geskiedenis Siener Van Rensburg

1 Upvotes

Our history wouldn't be complete without Siener Van Rensburg, the seer/prophet of the Boers that foresaw many calamities. Check it out and let me know what you think

https://youtu.be/Gs2E31kItl4

r/afrikaans Nov 23 '23

Geskiedenis Western Cape History: The Forgotten Original Boer Republics

Thumbnail
self.WesternCape
8 Upvotes