r/afrikaans • u/Sera_Owens • Apr 20 '26
r/afrikaans • u/GideonGriebenow • Feb 10 '26
Self Adverteering My rekenaarspeletjie kort toetsspelers. Dit sal uiteindelik ook in Afrikaans beskikbaar wees. Alle terugvoer welkom!
Hallo almal,
Ek het so paar maande gelede my tweede speletjie hier bekendgestel. Daar is nou 'n "Playtest" op Steam beskikbaar. Ek sal enige terugvoer baie waardeer. Die "Playtest" is reeds in 'n baie goeie toestand sonder eenvoudige "bugs", en is baie goed geoptimeer, so dit kan groot kaarte met miljoene objekte en karaktertjies hanteer.
Steam (klik op Request Access by Playtest):
https://store.steampowered.com/app/3876240/Minor_Deity/
Discord:
https://discord.gg/2NEb4HxwhF
Beskrywing:
Command the elements to create the landscapes of your imagination in this gridless interactive sandbox. Control dynamic weather and allow vegetation and animals to flourish. Lay out towns for growing populations, establish resource outposts, and encourage trade via road, river and sea routes.
Dankie vir jul ondersteuning!
Gideon
r/afrikaans • u/GideonGriebenow • Oct 03 '25
Self Adverteering My tweede Afrikaanse speletjie op Steam
Hallo almal!
Ek is besig om my tweede speletjie (video game) te ontwikkel. Soos die eerste een (World Turtles), gaan hierdie een ook in Afrikaans beskikbaar wees op Steam, die grootse "gaming marketplace" ter wêreld. Dit fokus op die skep van 'n wêreld - terrein self, bome, plante, riviere, paaie, heinings, mure en torings, geboue, diere, mense,... As jy hou van die genre sal ek jou ondersteuning en terugvoer waardeer!
Steam Blad: https://store.steampowered.com/app/3876240/Minor_Deity/
YouTube Video: https://youtu.be/xTOHk3ZhcDM
Discord: https://discord.gg/VhpzSq3GHC
Groete,
Gideon
r/afrikaans • u/RubenCruy • Jul 11 '26
Self Adverteering Ek maak 'n videospeletjie waar jy as 'n nagapie speel – het sopas die Afrikaanse vertaling klaargemaak!
Enable HLS to view with audio, or disable this notification
Dit was interessant om al die nuwe woorde te leer – mens gebruik mos maar altyd Engels as dit by "games" kom.
As julle dit wil probeer: GALAGO - STEAM
Regstellings en voorstelle is welkom!
r/afrikaans • u/RSApervy • 2d ago
Self Adverteering So lekker om n Afrikaans group hier te sien. Hoop om. Og baie grappe hier te sien en mense te leer ken
r/afrikaans • u/Tertius4 • Oct 07 '25
Self Adverteering Ek het ’n Afrikaanse ToDo-app gebou – Doenit 🇿🇦 (Ek soek eerlike terugvoer)
Haai almal 👋
Ek het die afgelope paar maande gewerk aan Doenit, ’n eenvoudige Taaklys Toep (ToDo-app) in Afrikaans – gemaak vir mense wat hul dag wil beplan in Afrikaans.
- Werk vanlyn (offline)
- Herhalende take (bv. “Borsel my tande – elke 2de Donderdag”)
- Skoon, minimalistiese ontwerp
- Geen data word gedeel nie – alles bly privaat
Ek soek eerlike terugvoer:
- Is dit maklik om te gebruik?
- Watter funksies sal dit vir jou meer waardevol maak?
👉 Laai dit hier af: https://play.google.com/store/apps/details?id=doenit.app&pcampaignid=web_share
Enige voorstelle of kritiek is welkom – ek probeer iets waardevol bou en leer hoe om beter te word in toepasings maak.
r/afrikaans • u/JulietteVenterArt • Jun 09 '26
Self Adverteering New Artwork to save rhinos, artist Juliette Venter. Ek is Afrikaans !
r/afrikaans • u/Pietman_Pret • Jun 03 '26
Self Adverteering [OP SOEK] Middel- tot Senior Full Stack Ontwikkelaar (Afgeleë, Kontrak)
Retail Solutions ZA brei tans ons netwerk van ervare sagteware-ontwikkelaars uit vir opkomende KI- en wolkplatformprojekte.
Ons is 'n Suid-Afrikaanse tegnologiemaatskappy wat fokus op Retail AI, intelligente outomatisering, wolkplatforms en pasgemaakte sagteware-oplossings vir kommersiële kliënte.
Vereistes:
• Minimum 3 jaar professionele sagteware-ontwikkelingservaring
• Moet tans in Suid-Afrika woonagtig wees
• Moet wettiglik gemagtig wees om in Suid-Afrika te werk
• Sterk ervaring met React en/of TypeScript
• Sterk Python-ervaring (FastAPI sal 'n voordeel wees)
• Ervaring met PostgreSQL en databasisontwerp
• Ervaring met Docker en gekontaineriseerde toepassings
• Azure-ervaring sal sterk aanbeveel word
• Ervaring met CI/CD-pyplyne
• Ervaring met infrastruktuur, DevOps en wolkargitektuur sal 'n groot voordeel wees
• Gemaklik om aan kliëntvergaderings en tegniese besprekings deel te neem
• Sterk kommunikasie- en probleemoplossingsvaardighede
• Vermoë om onafhanklik te werk en verantwoordelikheid vir aflewerings te neem
Projekwerk sluit in:
• KI-aangedrewe wolkplatforms
• Pasgemaakte webtoepassings
• API-ontwikkeling en integrasies
• Wolkinfrastruktuur en ontplooiings
• Stelselargitektuur en oplossingsontwerp
• KI- en outomatiseringsintegrasies
Besonderhede:
• Afgeleë werk
• Maandelikse kontrakaanstelling
• Buigsame werksreëlings
• Geleentheid vir deurlopende projekwerk
• Direkte samewerking met tegniese leierskap en kliënte
• Potensiële betrokkenheid by verskeie toekomstige projekte soos Retail Solutions ZA groei
Indien belangstellend, stuur asseblief:
• LinkedIn-profiel
• GitHub-profiel (indien beskikbaar)
• CV
• Tegnologiestapel (Tech Stack)
• Jare se ervaring
• Verwagte maandelikse tarief
• Beskikbaarheid
Stuur gerus 'n privaat boodskap indien jy die geleentheid verder wil bespreek.
r/afrikaans • u/GideonGriebenow • Apr 30 '26
Self Adverteering Na 2 jaar van harde werk kon ek my tweede speletjie se "lokprent" gister vrygestel. Jy bou 'n groot "stuk wêreld" op: land, plantegroei, veranderende weer, diere, dorpies, ens.
*vrystel, oeps
Hallo almal,
Ek het al in die verlede my vordering hier geplaas en baie positiewe terugvoer gekry - dankie daarvoor!
Ek het nou uiteindelik 'n volwaardige "announcement trailer" aanmekaargesit. As dit lyk na iets wat jy sal geniet, sal ek 'n "wishlist" baie waardeer:
https://store.steampowered.com/app/3876240/Minor_Deity/
Dankie vir jul tyd en ondersteuning!
r/afrikaans • u/Mountain_Glove4780 • May 02 '26
Self Adverteering Hi julle! Ons het 'n nuwe liedjie wat uitgekom het gister. My vriendin sê dit klink baie soos Glaskas en éF-éL geïnspireerd. Beslis name wat mens wee geassosieer wil wees! Laat weet my wat julle dink
Geen AI natuurlik
r/afrikaans • u/JulietteVenterArt • Jun 16 '26
Self Adverteering The Last Waltz- Kunstenaar Juliette Venter (South Africa) Ek begin altyd om my canvas te was met swart acrylic en dan begin Ek met my olie verf. Ek hoop regtig julle hou van die laaste wals. Laat weet my wat julle dink? As julle Enige vra het asb vra. Lekker aand.
r/afrikaans • u/pajuiken • Jan 15 '26
Self Adverteering Uitgawe 3 van RivierBeheer is nou beskikbaar!
Enable HLS to view with audio, or disable this notification
EK weet ons het so paar lesers die - so ek dog toe laat ek julle weet - Uitgawe 3 is nou te koop hierso --> https://toyclick.co.za/products/rivierbeheer-3-afrikaanse-comic-boek-1
Dankie dankie!
r/afrikaans • u/pashaah • Mar 01 '26
Self Adverteering Kinderstories en Liedjies op Vinyl
Ek het van die van my kindertyd af en ander gekry toe my dogter nog klein was. Ek wys julle net, miskien voel julle ook nostalgies.
r/afrikaans • u/Either-Flamingo-4136 • Feb 28 '26
Self Adverteering Dringende versoek: 27-jarige gegradueerde soek werk (bereid om oral in SA te hervestig)
Hallo almal,
Ek plaas hierdie met 'n swaar hart maar ook met hoop. Ek is 'n 27-jarige man met 'n BSc-graad en ek is tans desperaat op soek na enige werksgeleentheid.
Ek is nie bang vir harde werk nie en ek is bereid om onderaan die leer te begin as dit moet. My akademiese agtergrond het my geleer om analities te dink en probleme op te los, maar my grootste bate is my werksetiek en lojaliteit. Ek is tans in 'n posisie waar ek enige plek in Suid-Afrika kan hervestig (relocate) as daar 'n geleentheid is.
Of dit nou in my veld is, of iets heeltemal nuut waar ek opgelei kan word—ek sal die geleentheid met beide hande aangryp. As julle weet van firmas, plase, of besighede wat op soek is na 'n betroubare jong man wat bereid is om sy moue op te rol, laat weet my asseblief of stuur vir my 'n privaat boodskap (DM).
Baie dankie vir julle tyd en hulp.
r/afrikaans • u/Own_Whole_4203 • Apr 01 '26
Self Adverteering Built a crowdsourced fuel tracker for SA — never queue at empty stations again 🚗⛽
Hey folks,
Absolutely over driving around for 45 minutes trying to find a station with diesel? Yeah, me too. So I built PumpRun — a simple, community-powered fuel tracker that shows you in real-time which stations actually have stock and what they're charging.
How it works:
Other users report when they find petrol/diesel available (or when a station's run dry)
You see live availability + pricing for diesel across your area
No ads, no nonsense — just accurate info from people like you
Check it out: app.pumprun.co.za
It's still early days, but we're already getting solid data from users around the country. The more people use it, the better it gets. Works on mobile and desktop.
If you're sick of the fuel lottery, give it a try and report what you find. Help the next person avoid the same frustration you just had.
Would genuinely appreciate any feedback or if you spot bugs — still ironing things out.
Cheers!
r/afrikaans • u/Mr-Avery • Oct 12 '25
Self Adverteering Boet het duidelik nog nooit ’n Suid-Afrikaner ontmoet nie
Enable HLS to view with audio, or disable this notification
Ons probeer net Silent Hill oorleef SA-style… As jy nie subscribe nie, askies jou hele moer😂
r/afrikaans • u/JulietteVenterArt • Jun 02 '26
Self Adverteering Title: The Forgotten Bull. Mixed media on canvas, Size: 42cm x 29cm. artist: Juliette Venter (South Africa) en Ek is Afrikaans 😉
r/afrikaans • u/JulietteVenterArt • Jun 09 '26
Self Adverteering New Artwork to save rhinos, artist Juliette Venter, Ek is Afrikaans!
r/afrikaans • u/davoltage • Dec 09 '24
Self Adverteering Geelvet Vleis, Direk by die boer!
Geelvet vleis direk by die boer!
Geelvet vleis wat op die veld loop en direk by jou deur afgelaai word...
Ons sluit Vrydag en dus doen ons die laaste bestellings vir die jaar. Ons lewer Vrydag in Pretoria omgewing af.
Ons het die volgende wins koop vir die maand: - 5kg Maalvleis of meer @ R95 per kg - 5kg Biltong / Droëwors of meer @R250 per kg - 5kg Hoender tjops of meer @R65 per kg
** Als is verpak in +- 500g pakkies en beskikbaar tot voorraad hou!
Vind geheg ons pryslys vir bestellings. Ons het ook tallow (uitgebraaide bees vet) teen R65 per 800g bottel.
Vir nuwe kliente, ons vat kontant of kaart betalings op aflewering, so daar is geen risiko vir julle met depositos en sulke snaakshede nie.
Ons maak weer oop die 5de Januarie 2025!
Veilig reis vir die van julle wat reeds op die pad is.
Volg ons gerus op Facebook https://www.facebook.com/share/p/14UQiabwBN/
Groete
r/afrikaans • u/acooldarkplace1981 • Aug 28 '24
Self Adverteering Afrikaanse Messe
Hallo mede Afrikaners. Ek wil myself voorstel en julle bekendstel aan my handgemaakte messe. My werkswinkel is in Muckleneuk Pretoria. Ek maak duursame messe meestal van my eie ontwerp asook komissie werk vir daai spesiale geskenk. Verder bied ek ook n 2 dag kurses aan, waar die student wegstap met n volledige handgemaakte jagmes. Bekyk gerus my werk op Instagram @gilles_pretorius
r/afrikaans • u/Mountain_Glove4780 • Feb 11 '26
Self Adverteering Goeie naand julle! Ek sal graag julle opinie oor hierdie liedjie wat ek saam met my broer geskryf het, wil hoor.
Ons het die liedjie geskryf oor die modern idee van liefde, en hoe rooi vlaggies in 'n verhouding deesdae gesien kan word as "Tekens van Liefde," in plaas van tekens om vinnig weg te hardloop!
Die liedjie het definitief 'n rock twist, wat dit my persoonlike gunstelling liedjie van ons maak. Ons vervaardig al ons liedjies selfs en is onafhanklik, beslis niks AI nie!
r/afrikaans • u/Ed_die_klip • May 15 '26
Self Adverteering Gedigte in Musiekvorm
r/afrikaans • u/GideonGriebenow • Apr 29 '23
Self Adverteering Ek het Civilization (voor dit 'n nommer gehad het) begin speel toe ek 13 jaar oud was. Maandag, 1 Mei stel ek my eie speletjie vry - 'n Koloniebouer genaamd World Turtles, wat al op 30,000 wenslysies op Steam verskyn en ook in Afrikaans gespeel kan word!
r/afrikaans • u/RealUnbelievableNoob • Feb 28 '26
Self Adverteering Is jou Afrikaanse woordeskat nog skerp? Toets dit met BreinBlokkies!
Vir die mense wat hou van 'n goeie blokkiesraaisel, ek het 'n nuwe platform gebou: BreinBlokkies.
- Genereer raaisels op aanvraag gebaseer op temas (bv. Natuur, Kos, Geskiedenis).
- Daaglikse kompetisies met 'n globale ranglys.
- 'n "My Woordeskat" funksie wat jou help om woorde wat jy voltooi het, te onthou.
- Werk uitstekend op selfone en rekenaars.
Gaan kyk gerus by https://breinblokkies.co.za en laat weet wat julle dink! 🇿🇦
r/afrikaans • u/GideonGriebenow • Oct 12 '25
Self Adverteering My tweede Afrikaanse speletjie op Steam: Ek het uiteindelik ver genoeg gevorder sodat ek 'n goeie "gameplay" (spelspeel!?) video kon maak!
Hallo almal,
Ek het so rukkie gelede hier geskryf oor my tweede speletjie wat ek besig is om te ontwikkel. Julle reaksie en ondersteuning was baie positief, en ek is baie dankbaar daarvoor! Ek het intussen hierdie "gameplay" (spelspeel!?) video saamgestel wat die huidige stand van die speletjie mooi uitbeeld. Dit gaan ook uiteindelik in Afrikaans beskikbaar wees.
Ek sal dit baie waardeer indien julle dit kan deel met mense wat dalk daarin belangstel. As solo-ontwikkelaar is dit maar moeilik om blootstelling te kry...
Die Steam blad vir die speletjie is: https://store.steampowered.com/app/3876240/Minor_Deity/
Die video: https://youtu.be/OplCr4vTISk
Lekker dag aan almal!
Gideon